Unika Preprimêr | Aktiwiteite

TEMAS, ROOSTERS EN DAGPROGRAMME
Gestruktureerde dagprogramme, temas, toesig- en aktiwiteitsrsooster vir buite-speeltyd word vir elke ouderdomsgroep uitgewerk. Verskillende ouderdomsgroepe speel op vier veilige aparte speelterreine. 

VERSLAE
Verslae word uitgegee in die 1ste, 2de en 4de kwartaal wat gebasseer is op dag-tot-dag evaluering van kleuters. 

MAALTYE
'n Voltydse kok berei daagliks middagete voor. Ontbyt en middagete word bedien slegs vir die juniors (2- en 3-jariges). Alle nasorgkleuters ontvang middagete asook broodjies en vrugte. Uitgewerkte spyskaarte volgens kleuters se behoeftes word gevolg.

INSTAPPIES
Daar word jaarliks ± 3 instappies vir die kleuters gereël gedurende skooltyd op ‘n Vrydag. Dit sluit in byvoorbeeld wilde diere, plaasdiere en poppekas. 

TERAPEUTE
Opgeleide spraak- en arbeidsterapeute se dienste is beskikbaar op die skoolterrein op afspraak.


BUITEMUURSE AKTIWITEITE
Buitemuurse aktiwiteite word gedurende buite-speeltyd aangebied. Kleuters mag nie vir meer as 2 aktiwiteite ingeskryf word nie (dit sluit die verpligte aktiwiteite uit).

 

Aktiwiteite wat soggens aangebied word is:​

  • Rudman’s Ball Skills (vir 4- en 5-jariges)

  • Gimnastiek (vir 4- en 5-jariges)

  • Ballet (vir 4- en 5-jariges)

  • Swem (nie vir 2-jariges)

  • Dance Mouse

  • Music Box

  • Drama (Slegs vir die 5-jariges)

  • A+ Students (Slegs vir 4 & 5 jariges)

Die volgende aktiwiteite is ingesluit in die skool se sillabus en deel van die skoolfooie:

  • Kwanda Kids (verpligtend vir alle kleuters (behalwe 2-jariges) 1 x per week.

  • Klasmusiek vir 4 & 5 jarige kleuters (Seniorkampus 1 x per week.)


Aktiwiteite wat smiddae aangebied word vir nasorgkleuters is:

  • Swem 


JAARLIKSE AKTIWITEITE 

  • Kleuterkaperjolle en Lentedag

  • Konsert in die Laerskoolsaal

  • Oupa-en-Ouma konserte in Laerskoolsaal 

  • Fondsinsamelings

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now